TLU SA grateful for outcome of voting on EWC amendment South Africa

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

TLU SA is grateful that the proposed amendment to Article 25 of South Africa's Constitution about the expropriation of property without compensation was not voted in.


 
The National Assembly on Tuesday afternoon discussed and voted regarding the amendment to the Constitution to allow expropriation without compensation (EWC). The debate started at 14:00 and just before 16:30 votes were counted. A total of 267 votes were needed for a two-thirds majority, but only 204 voted in favour of the proposed change and 145 against.
 
Although it was a good result, it is not the end of EWC.
 
"The process is definitely not over. There are those who are determined to carry it out is some way or another. We as TLU SA are grateful to everyone who voted against it, but we cannot sit back now and forget about the matter,” said TLU SA's General Manager, Mr. Bennie van Zyl shortly after the vote.
 
"It will definitely be raised again. And the danger for our country's economy is that even if it is just talked about, it causes mistrust and consequent damage. Investors are becoming increasingly cautious about investing and our economy is in dire need of these fixed investments. The sooner the ANC stops these talks, the better.
 
"I would like to thank the ad hoc group for the protection of private property and all 53 organisations that have joined in and played their part in putting the real facts on the table. We are very realistic about the way forward. The matter has not been settled and we will be wide awake toe any attempts to overthrow our economy in this way."
 
The expropriation law is also still in process, and this requires only an absolute majority. There will be attempts to implement it again. So, the red lights of danger are still flickering.

TLU SA is dankbaar dat die voorgestelde wysiging op Artikel 25 van Suid-Afrika se Grondwet ten opsigte van die onteiening van eiendom sonder vergoeding te verander, afgestem is.
 
Die Nasionale Vergadering het Dinsdagmiddag oor die wysiging van die Grondwet gestem om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Die debat het om 14:00 begin en net voor 16:30 is stemme getel. ’n Totaal van 267 stemme was nodig vir ’n tweederde meerderheid, maar net 204 het ten gunste van die voorgestelde verandering gestem en 145 daarteen.
 
Ofskoon dit ’n goeie uitslag was, is dit egter beslis nie die einde van OSV nie.
 
“Die proses is beslis nie verby nie. Daar is dié wat vasbeslote is om dit op een of ander manier deur te voer. Ons as TLU SA is natuurlik dankbaar vir almal wat daarteen gestem het, maar ons kan nie nou terugsit en van die aangeleentheid vergeet nie,” het TLU SA se Hoofbestuurder, Mnr. Bennie van Zyl kort na die stemming gesê.
 
“Dit gaan beslis weer geopper word. En die gevaar vir ons land se ekonomie is dat al word daar net gepraat daaroor, veroorsaak dit wantroue en gevolglike skade. Beleggers raak al hoe versigtiger om te belê en ons ekonomie het dié vaste beleggings broodnodig. Hoe gouer die ANC van die standpunt afsien, hoe beter.
 
“Ek wil baie spesifiek vir die ad hoc-groep vir die beskerming van privaatbesitreg en al 53 organisasies wat hierby ingeskakel en hul rol gespeel het om die ware feite op die tafel te lê, bedank. Ons is wel baie realisties oor die pad vorentoe. Die saak is nie afgehandel nie en ons sal bedag wees vir enige pogings om ons ekonomie so omver te werp.”
 
Die onteieningswet is ook nog in proses en hiervoor is net volstrekte meerderheid nodig. Daar sal beslis weer pogings wees om dit deur te voer. Die rooiligte van gevaar flikker dus steeds.
 


Newsletter Subscribe