Suid Afrika is bekend dat seuns in 'n boerdery die huidige geslag eienaar sal opvolg. Duisende boere het saam met hulle Pa's op 'n plaas groot geword en later die boerdery oorgeneem. Wat 'n groot voorreg- !
’n Vrou het beslis ’n rol in ’n moderne boerdery, veral omdat ’n boerdery ’n leefwyse is. Dis nie ’n beroep met vaste werksure nie, maar is sewe dae per week deel van ons lewe.
Wanneer ons boerderye besoek deur die land asook in die buiteland is dit mooiste gesig om 'n Oupa nog in die boerdery te sien. Meestal kalm en bedaard en nog vol lewenslus, loop meeste van die gryskoppe rond met wysheid wat jy nerens te koop gaan kry nie. En om sy eie kleinkinders so om hom te sien vol geluk en liefde is nog 'n mooier gesig.
Dr Theo de Jager was die president van die Wêreld Landbou Organisasie. Hy was in 2017 die eerste Suid-Afrikaner om as president van die WLO verkies te word.
Dwarsoor die wereld is familieboerdery deesdae deel van die algemene gesprekke in landbou en voedselsekerheid. Dit is die behoud van die wereld se familiewaardes en daarmee saam bied dit ook voedselsekuriteit aan baie mense.
Ek ken vir André al meer as 30 jaar. André het ʼn passie vir familieondernemings.
Die voetspore wat ons nalaat, moet nie net ons nageslagte finansieel versorg nie, maar veral ook ons spore op hul harte nalaat, want goeie waardes en familieharmonie is die kosbaarste geskenk wat ons ooit kan nalaat.